• Wat op My Hart is

    Moet ek kerk toe gaan?

    Ek weet nie van julle nie, maar dit voel vir asof baie van ons alledaagse lewe meer ingewikkeld geword het as wat nodig is. Kom ons kyk na ‘n blikkie coke. Daar was op ‘n tyd slegs een opsie. Daar word toe gesê dat hierdie opsie baie sleg is vir jou gesondheid en eweskielik kry ons coke-light, met verminderde suiker. Na ‘n paar jaar word daar gese van die chemikalieë in coke-light bevorder kanker en nou kry ons nie meer coke-light nie maar coke-zero. Coke zero pas nie by almal se smaak nie toe kry ons verskillende weergawes van coke:…